
Lidmaatskap
Baie welkom by Beweeg Kerk Bethal!
Ons nooi jou uit om deel te word van ons familie – ’n plek waar jy behoort, groei en saam met ander Jesus volg. Hier is daar ruimte vir elke generasie, en jou hele gesin is welkom!
Hoekom Lidmaatskap?
Lidmaatskap is meer as net ‘n vorm – dit is ‘n verbintenis. Dit is ’n manier om geestelik beskerm te wees, want die Woord sê leiers waak oor jou siel. Jy vorm deel van die liggaam van Christus en plant jouself in ’n geestelike familie. Dis ’n plek waar jy kan groei in jou verhouding met Jesus, opgerig word in geloof, en saam met ander in jou roeping stap.
Onthou: Van jonk tot oud is almal ’n lidmaat by Beweeg Kerk Bethal! Ons glo nie in ’n junior Heilige Gees nie – jou kind het dieselfde toegang tot God se teenwoordigheid. Die hele gesin is vir ons belangrik, en ons wil saam met julle groei en dien.
Hoe word ek 'n lidmaat?
Dis maklik! Vul gerus die lidmaatskapvorm in, en iemand van ons span sal binnekort met jou in verbinding tree. Ons sien uit daarna om jou en jou gesin te verwelkom as deel van die Beweeg Kerk Bethal familie!